Bobotie Frikkies
2015-01-22- Cuisine: Afrikaanse Resepte, Boerekos Resepte
- Course: Hoofgereg
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(3.6 / 5)
10 People rated this recipe
Related Recipes:
Lekkerste frikkadelle !!
Bestandele:
*vir die frikkies:
1 kg topside maalvleis
1 ui gekap
2 knoffeltoontjies, gekneus en fyn gekap
2 el tamatie puree
1 el blatjang
handvol rosyntjies
1 eier
1 el kerriepoeier
mespunt borrie
1 tl bruinsuiker
1/2 tl gedroogde tiemie
1 tl suurlemoensap
1 el perske of appelkooskonfyt
sout peper na smaak
*bietjie olie om te braai
*bietjie botter om te braai
Metode
Voorverhit oond 180 C
Meng al die bestanddele goed deurmekaar, maak toe met kleefplastiek, sit in yskas vir minstens 1 uur
Giet bietjie kookolie in oondpan
Rol in balletjies, stip tussenin met botterklontjies
Bak vir 30 minute of tot net gaar en bruin
Sit warm voor met kapokaartappels of pasta









