Driehoek Amarula Yskastert
2014-06-20- Cuisine: Afrikaanse Resepte, Boerekos Resepte
- Course: Nagereg
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(3.9 / 5)
9 People rated this recipe
Related Recipes:
……’n spesiale bederf.
Bestandele:
200g x sagte botter
5 x el strooisuiker
2 x koppies gladde roomkaas
2 x eiers
18 x tenniskoekies
halwe boksie rooi en halwe boksie groen glans kersies (stukkies gekap)
150 x ml Amarula likeur
200g x donkersjokolade
2 x Peppermint Crisp
Metode:
Room botter en strooisuiker, klits eiers by
Roer nou by roomkaas helfte amarula by ,meng goed
Plaas in vrieskas tot halfpad gevries is .
Pak nou tennikoekies op foelie in 3 x 6 rye .
Skep van roomkaasmengsel op middel ry , sprei rooi en groen kersies bo-op , breek een peppermint crisp
bo-oor en skep res van roomkaas bo-oor.
Vou buitenste beskuitjies boontoe om ‘n driehoek te maak , vou foelie toe bo
Sit in vrieskas tot heeltemal gevries.
Net voor opdien, smelt sjokolade en roer res van amarula by.
Haal foelie af, en met ‘n slaplem mes smeer die buite om tert en versier met stukkies peppermint crisp krummels









