Oudtydse Botter Versiersel
2015-08-04- Cuisine: Afrikaanse Resepte, Boerekos Resepte
- Course: Gebak
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4 / 5)
9 People rated this recipe
Related Recipes:
Bestandele
250g baie sagte botter !! ~ nie margarien nie !!
500 g pakkie versiersuiker, sif gou deur
1 tl vanielje of amandel of karamel geursel
40 ml volroom melk
Methode
Klits botter met elektriese klitsers tot dit sag, wit en donsig is
Gooi nou die versiersuiker by, klits tot gemeng is – op lae spoed
Gooi nou jou keuse geursel by klits nou goed deur, vehoog spoed
Voeg nou klein bietjies melk op ‘n slag by terwyl jy klits tot die versiersel romerig is
Skep in ‘n spuitsak as jy kolwyntjies bak
genoeg vir ongeveer 24 kolwyntjies of 1 groot koek









