Patatkoekies met kaneelsuiker

2015-01-07
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.9 / 5)

3.9 5 12
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

12 People rated this recipe

Related Recipes:
  • karamel, kondensmelk en neute Piesang brood

  • Awie se vetkoek balle

  • Floris se Molotof

  • Vingerlek lekker Ribbetjies -Spare Ribs

  • Melktert

Bestandele:

2 koppies gaar (*droog ) patat wat in suiker gekook is, fyn gedruk (*nie waterig nie)
3/4 kop koekmeel
1 tl bakpoeier
knypie nutmeg
knypie pypkaneel
knypie sout
2 groot eiers geskei
2 el gesmelte botter
3/4 kop melk
kaneelsuiker vir sprinkel
kookolie vir vlak braai

Methode:

Klop jou eierwitte lekker styf, hou eenkant
In lekker groot mengbak gooi patat, melk, gesmelte botter en eiergele, kaneel, nutmeg meng mooi deur
In aparte bak sif koekmeel, bakpoeier en sout saam
Vou nou die gesifte koekmeeel by patatmengsel goed in
As goed gemeng is vou die styfgeklopte eierwit in
In ‘n lekker swaarboompan, verhit olie vir vlak braai
Skep eetlepels vol van die mengsel in pan, met genoeg spasie tussen volgende koekie, so 4 tot 6 op ‘n slag, moenie pan oorlaai nie, braai tot bruin, draai om en braai anderkant tot goudbruin
Dreineer op kombuispapier
Sprinkel met kaneelsuiker
Bedien dadelik

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *