Slaphakskeentjies
2014-11-05- Cuisine: Afrikaanse Resepte, Boerekos Resepte
- Course: Preserveer
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4 / 5)
25 People rated this recipe
Related Recipes:
Bestandele:
2 teelepels korrel mosterd ( grainy mustard )
1/2 eetlepel maizena
1 teelepel borrie
1 koppie bruin druiweasyn
1/4 koppie koue water
1/2 koppie suiker
1 knippie sout
3 eiers
Methode:
Gooi die mosterd, maizena, borrie, water, asyn, suiker en sout in `n pot en bring stadig op om te kook tot suiker opgelos is en verwyder van hitte . In `n ander bak klits die eiers goed . gooi nou die asyn mengsel stadig in die eiers in en klits voortdurend. Gooi nou alles terug in die pot en oor n lae hitte terwyl dit geroer word bring die mengsel se hitte op tot dat dit `n dik roomerige sous is stop net voor dit kook. Plaas nou uie in die pot en roer stadig om net alles met die room sous te bedek. Gooi nou oor in opdienings bak en bedien teen kamer temp of koud. Sous hou 2 dae in `n geseëlde bak in yskas.









