5 Ster pot

2011-03-14
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3.4 / 5)

3.4 5 7
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

7 People rated this recipe

Related Recipes:
  • karamel, kondensmelk en neute Piesang brood

  • Awie se vetkoek balle

  • Floris se Molotof

  • Vingerlek lekker Ribbetjies -Spare Ribs

  • Melktert

Hierdie is sekerlik die maklikste pot wat jy in jou lewe sal aanpak.

Net 5 bestanddele!!

5 Aartappels in skywe gesny

5 Uie in ringe gesny

1 pak bevrore groenbone

Ongeveer 2kg skaapskenkels en kookvleis

Aromat

 

 

Pak helfte van aartappels onder in pot

Pak helfte van uie op

Pak helfte van vleis op Gooi helfte van groenbone op

Gooi Aromat wat hy sommer geel le

Herhaal weer van aartappels af en eindig met die Aromat

MOET GEEN ANDER VLOEISTOF BYVOEG NIE Sit pot op kole wat nie vreeslik warm is nie.

Moenie omroer nie. As jou boonste boontjies gaar is, is jou pot ondertoe ook gaar.

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *