Eenpan Ontbyt Skywe:
2014-06-24- Cuisine: Afrikaanse Resepte, Boerekos Resepte
- Course: Ontbyt
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4.5 / 5)
2 People rated this recipe
Related Recipes:
‘n wenner, dit klink miskien groot, wees gerus jy kan heeldag hieraan smul, die kan koud in die kosblikkies gaan vir die kinders,
selfs lekker vir middagete saam ligte slaaitjie, so , skop die pannetjie aanmekaar
Bestandele:
Botter
1 pakkie Spek
1 pakkie Sampioene
6 Ontbyt worsies – ontdooi
Dosyn Eiers – liggies geklits met knypie sout
Cheddar Kaas
Mozzarella Kaas
Rooipeper na smaak
Metode:
Voorverhit oond 180 C
In ‘n oonvaste bak met deksel, braai in genoeg warm botter die spek, sampioene en ontbyt wors tot bruin
Giet nou die geklitste eiers eweredig oor die braaimengsel, sit deksel op , stel hitte baie laag, tot die eiers amper gestol het
Sprinkel met genoeg gerasperde kaas na smaak bo-oor , sprinkel met rooipeper haal van plaat, sodra die kaas begin smelt het,
plaas in voorverhitte oond, bak vinnig tot net mooi gestol en bruin
Laat effe afkoel en sny in pizza blokke en bedien
dadelik met roosterbrood









