Hoender, Spek en Kaas Krokette
2017-01-23- Cuisine: Afrikaanse Resepte, Boerekos Resepte
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4 / 5)
4 People rated this recipe
Related Recipes:
Bestandele:
2 ontbeende hoenderborsies
2 eiers
½ kop koekmeel
1 tl gedroogde roosmaryn
4 repies spek – bros gebraai, fyn opgekap
1 tl knoffelsout
½ tl rooipeper
1 kop mozzarella kaas, gerasper
½ kop “Sweet Chillie” sous
cheddarkaas in duimnael grootte blokkies opgesny
Brood krummels
Olie vir diepbraai
Methode:
Bak in die oond hoenderborsies tot gaar en goudbruin, geur met sout
Laat afkoel en snipper fyn op, plaas in groot mengbak
Voeg nou by, eiers, koekmeel, spek, koffelsout, rooipeper, mozarella kaas en sweet chillie sous.
Meng goed deur, sit in yskas vir 15 min
Verhit olie in diep pan of pot
Vat nou ‘n blokikie kaas, een hoogvol eetlepel van die vleismengsel en vorm ‘n stewige bal om die blokkie kaas met jou hande
Rol in broodkrummels, bedek mooi oral om
Braai in warm olie tot goudbruin, skep uit op kombuispapier om ektra olie te drein
Sit voor saam dip sous van jou keuse, lekker saam ‘n groenslaai vir ‘n ligte ete









