Kondensmelk Koekies
2014-04-22- Cuisine: Afrikaanse Resepte, Boerekos Resepte
- Course: Gebak
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(3.5 / 5)
24 People rated this recipe
Related Recipes:
My skoonma se gunsteling bederf, maak hom sommer dubbel aan, Dit is hemelse koekies
Bestandele:
700 g koekmeel
450 g botter
4 tl bakpoeier
1 blik kondensmelk
1 tl suurlemoengeursel
1 kop strooisuiker
knypie sout.
Metode:
Voorverhit jou oond 190 C
Room jou botter en suiker tot romerig, voeg blikkie kondensmelk by en meng goed deur
Sif saam: meelblom, bakpoeier en sout en voeg by botter mengsel. Smeer bakplaat, skep teelepels vol op plaat
Bak ongeveer 10 – 15 min
*Joleen Meintjies via Facebook Boerekos Kookengeniet*










posted by Madelaine Owens on August 3, 2015
Goeie Middag,
Ongeveer hoeveel koekies maak die bogenoemde resep? Ek sien nie op die resepte hoeveel dit om en by maak nie..
Baie groete
Madelaine
posted by jean on September 15, 2015
Ek hou van julle website.