Kruie en Speserye
2011-03-15- Cuisine: Afrikaanse Resepte, Boerekos Resepte
- Course: Sous en Marinades
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(5 / 5)
3 People rated this recipe
Related Recipes:
Al ooit gewonder oor die gebruike van Kruie en Speserye ??
Pimento (Allspice) – Bredies
Basiliekruid (Basil) – Tamatie, eier, kaas, skaap, visgeregte en slaaie
Lourierblare (Bay leaves) – Sop, bredies, maalvleis, bobotie, piekels, vis en pastas
Kappertjiesaad (Capers) – Vis- en ander seekosse
Rissiepeper (Cayene pepper) – Kaas- en eiergeregte
Chilli – Sterk gegeurde vleis-, vis en groentegeregte
Grasuie (Chives) – Slaaie, sop, souse en doopsouse
Kaneel (Cinnamon) – Souse en vrugtegeregte, soetpatats, -pampoen, nageregte, soetgebak
Naeltjies (Cloves) – Hoender-, vark-, vis- en wildsvleisgeregte
Koljander (Coriander) – Vleis, droëwors en biltong
Vinkel (Fennel) – Groente en slaaie
Knoffel (Garlic) – Vleis, vis, groente en slaaie
Gemmer (Ginger) – Soetgebak, kerrie en soet-suur vleisgeregte
Peperwortel (Horseradish) – Gebraaide bees en skaap
Foelie (Mace) – Bredies, frikkadelle, roomsouse en hoendervulsels
Moederkruid (Marjoram) – Sop, bredies and vleisvulsels
Ment (Mint) – Groente en vis (met botter)
Mostert (Mustard) – Vleis, vis, groente, souse en sop
Neutmuskaat (Nutmeg) – Vleis, groente en soetgebak
Oreganum (Oregano) – Sop, bredies, slaaie, Italiaanse geregte o.a. pizzas en pastas (wat tamatie bevat)
Paprika – Vleisgeregte, groente en slaaie
Pietersielie (Parsley) – Sop, vleis, vis, groente, soutgebak, pastas en slaaie
Roosmaryn (Rosemary) – Vleisgeregte, hoender, sop en souse
Safraan (Saffron) – Rys, vulsels en vleis
Salie (Sage) – Vulsels vir vleis en hoender
Dragon (Tarragon) – Lamvleis, souse en piekels
Tiemie (Thyme) – Vleis (skaap en hoender), groente en sop
Borrie (Turmeric) – Kerrie, geelrys










posted by Anneke on December 6, 2015
Ek wil graag die lys van kruie en speserye druk maar kry dit nie reg nie, kan julle dit vir my stuur asb