Krummelpap
2013-08-22- Cuisine: Afrikaanse Resepte, Boerekos Resepte
- Course: Ontbyt
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(3.7 / 5)
53 People rated this recipe
Related Recipes:
Op sy beste saam met melk, botter en suiker, of suurmelk, of braaivleis, met tamatiesmoor.
Bestandele:
2 koppies water
knippie sout
4 koppies mieliemeel
melk
botter
Metode:
Bring water en sout tot kookpunt
Voeg mieliemeel by in ‘n hopie in die middel van die kastrol , Sit deksel op en verlaag hitte tot laagste stelling.
Roer na 3-4 minute met die agterkant van ‘n houtlepel sodat krummels in die pap vorm. Sit weer deksel op.
Roer weer 1 of 2 keer goed deur.
Sit klontjies botter bo-op pap en roer vir ‘n laaste keer deur. Laat vir sowat 10 minute kook totdat pap goed gaar is..
.









