Rump Steak Kerrie Sosaties

2018-03-26
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.7 / 5)

4.7 5 51
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

51 People rated this recipe

Related Recipes:
  • karamel, kondensmelk en neute Piesang brood

  • Awie se vetkoek balle

  • Floris se Molotof

  • Vingerlek lekker Ribbetjies -Spare Ribs

  • Melktert

2 van my gunstelinge in 1 – Die eenvoudige maar vingeraflek lekkerte resep die wag werd

Bestandele:

2 kg Rump steak (matured) maak seker hy het tog ‘n goeie lagie vet

Marinade:
4 groot uie, ringe gesny
100 ml kookolie
125 ml vars suurlemoensap
150 ml bruinasyn
300 ml kookwater
2 el sterk kerriepoeier
200 ml appelkooskonfyt
1 tl gemaalde swartpeper
1 tl borrie
*sosatiestokkies – in water geweek vir so 1 uur voordat jy begin ryg

Metode:

Sny die Rump steak in hapgrootte blokkies en plaas in ’n plat glas / plastekbak wat goed kan seel

Verhit olie en braai uie tot net sag
Voeg kerriepoeier by en braai vinnig deur
Voeg asyn by en bring tot kookpunt
Verwyder van die hitte en laat staan vir 5 minute
Roer nou die kookwater, suurlemoensap, borrie, appelkooskonfyt en swart peper by
Meng alles goed saam, bring vinnig tot kookpunt, verwyder van plaat en laat HEELTEMAL afkoel

Giet marinade oor die vleisbblokkies en maak bak mooi toe met deksel
Marineer vir minstens 3 dae, roer af en toe
Ryg die vleisblokkies op stokkies- jy kan afwissel met ‘n rou blokkie ui

Braai oor matige kole tot goudbruin, bedruip gereeld met marinade sous geur mmet sout na smaak

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *