Sjerrie en Beesstert Bredie

2011-06-05
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.3 / 5)

4.3 5 23
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

23 People rated this recipe

Related Recipes:
  • karamel, kondensmelk en neute Piesang brood

  • Awie se vetkoek balle

  • Floris se Molotof

  • Vingerlek lekker Ribbetjies -Spare Ribs

  • Melktert

Bestanddele:

 

90ml koekmeelblom

5 ml sout

2 kg beesstert, in porsies gesny

50ml braaivet of olie

300g sampioene, gekerf

1 rooi soetrissie, ontpit, in ringe gesny

1 knoffelhuisie, gekneus

2 groot uie, in ringe gesny

4 aartaappels, opgesny

2 vleisaftreksel-blokkies

15 ml kerriepoeier

15 mal paprika

2 tl bisto poeier

225ml sjerrie

warm, gaar ertjies vir garnering

kookwater

So gemaak:

Meng koekmeelblom, sout en paprika en bedek beesstert daarmee (hou oortollige meel mengsel eenkant).

Verhit braaivet/olie in ‘n swaarboom kastrol.

Braai beesstert mooi bruin gebraai

Voeg genoeg kookwater by om beesstert , net genoeg om die vleis te bedek en kook matig vir 1 1/2 uur.

Voeg sampioene, soetrissie, knoffel, ui, aftrekselblokkie en kerriepoeier by, roer mooi deur.

Stowe vir 3 uur tot beesstert sag is.Voeg aartappels by kook tot net sag.

Roer sjerrie by, sout en peper na smaak, prut dan vir 10 minute.

Maak pasta van 1 tl meelblom en bistopoeier aan met ‘n halwe koppie koue water. Roer by bredie in.

Prut stadig vir paar minute, garneer met warm, gaar ertjies.

Foto: met dank   Maritza Farham‎

.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *