Smul lekker blomkool en broccoli slaai
2011-05-28- Cuisine: Afrikaanse Resepte, Boerekos Resepte
- Course: Bygeregte
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(3.7 / 5)
18 People rated this recipe
Related Recipes:
Baie lekker saam met braaivleis! Ietsie anders as die gewone aartappel slaai ens.
Bestanddele
1 klein kop blomkool
1 klein kop broccoli 2
50gr gevriesde soetmielies (sweetcorn)
250gr gevriesde ertjies
1 klein ui fyn gekap
Vir sous 1 koppie mayonaise
1/4 koppie kondensmelk of bruinsuiker
2 teelepels mostert (ek gebruik hot german mustard)
1 teelepel tabasco sous
aromat en swartpeper na smaak
Gooi kookwater oor mielies en ertjies, dreineer dadelik. Sny blommetjies van blomkool en broccoli af. Meng al die groente met gekapte ui in slaaibak. Meng sous bestandele goed saam en meng by groente. Sit vir so uur of wat in die yskas vir geure om te meng. Sit voor saam met lekker braaivleis of hoender en geniet!
,










posted by Julia Nasima on October 9, 2015
Enjoy it