Warm Dadelpoeding

2013-10-08
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (3 / 5)

3 5 11
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

11 People rated this recipe

Related Recipes:
  • karamel, kondensmelk en neute Piesang brood

  • Awie se vetkoek balle

  • Floris se Molotof

  • Vingerlek lekker Ribbetjies -Spare Ribs

  • Melktert

Het vandag gesmul aan die poeding, veral as dit ook so lekker koud is sooa by ons vandag

Bestandele:

1½ Koppie koekeelblom
3 el botter
2 tl koeksoda
1 kop opgekapte dadels
½ tl pypkaneel
3 el fyn appelkooskonfyt
2 eier
knypie sout
1 kop volroom melk

Metode:

Sif saam koekmeel pypkaneel, knypie sout
Vryf botter in koekmeel in
Gooi die gekapte dadels en konfyt by
Meng melk en koeksoda ,gooi eiers in melkmengsel, roer deur en voeg die melkmengsel dan by die meelmengsel en roer goed deur.

vir die sousie

3 kop water
1½ kop witsuiker
½ tl fyn gemmer

In ‘n lekker groot pot, kook saam water en suiker en gemmer, roer aanhoudend vir 5 minute anaf kookpunt
Skep deegmengsel in kokende stroop en en plaas deksel op, draai onmiddelik die hitte op laagste stelling moontlik
Stoom vir 40 min
MOENIE DIE DEKSEL OPLIG NIE.

Skep op saam lekker dik warm heerlike vla of roomys

*Susan Roux via Facebook Boerekos Kookengeniet *

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *