Warmbrakkies met ‘n kinkel

2017-10-09
Average Member Rating

forkforkforkforkfork (4.4 / 5)

4.4 5 15
Rate this recipe

fork fork fork fork fork

15 People rated this recipe

Related Recipes:
  • karamel, kondensmelk en neute Piesang brood

  • Awie se vetkoek balle

  • Floris se Molotof

  • Vingerlek lekker Ribbetjies -Spare Ribs

  • Melktert

Vergeet van tamatiesous, hiers ‘n vingeraflek lekker idee

Bestandele:

6 Broodrolletjies
Blaarslaai – opgesnipper
6 rooiworsies van jou keuse ( goeie gehalte) plus bietjie botter vir braai
3 agurkies – in langwerpige vingers in die lengte afgesny
romerige koolslaai (sien onder vir resep)
Mosterdsous

Koolslaai:
1/2 kop mayonnaise
1/3 kop suiker
1/4 kop melk
1/4 kop karringmelk
2 1/2 tl suurlemoen sap
1 1/2 tl wit asyn
1/2 tl sout
mespunt vol wit peper
8 kop, baie fyn gekapte koolkop
1/4 kop, baie fyngerasperde wortel
2 el baie fyn uie – rasper as jy kan

Methode:

Meng mayonaise, suiker, melk, karringmelk, suurlemoensap, asyn, sout en peper alles saam in groot mengbak. Meng baie goed tot glad. Voeg kool, wortels, en uie by, meng deur . Maak toe met cling wrap, en laat rus vir min 1 uur

Sny Broodrolletjies in lengte oop, plaas onder rooster tot goudbruin
Braai rooiworsies in warm botter tot bruin, dreineer op kombuispapier
Smeer geroosterde rolletjies met mosterdsous (moenie skaam wees nie)
Sprinkel bietjie gesnipperde blaarslaai bo op, paar vingers agurkies
Sit die gebraaide worsies bo op
Skep nou genoeg koolslaai op om broodrolletjie te vul

Heerlik verby

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *