Wit kruiesous
2007-05-10- Cuisine: Afrikaanse Resepte, Boerekos Resepte
- Course: Sous en Marinades
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(5 / 5)
2 People rated this recipe
Related Recipes:
30 ml botter
20 ml koekmeelblom
300 ml melk
sout en witpeper na smaak
125 ml vars, gekapte pietersielie
45 ml vars, gekapte kruisement
of
15 ml gedroogde kruisement
Smelt die botter. Voeg die koekmeelblom by en meng dit tot n gladde pasta. Voeg die melk geleidelik by terwyl die mengsel aanhoudend geroer word. Sodra die sous verdik, word die geurmiddels en kruie ingeroer. Laat prut die sous nog 3 minute lank. Dien die sous op saam met ham, tong, vis, hoender of groente.









