Hooimiede
2014-06-24- Cuisine: Afrikaanse Resepte, Boerekos Resepte
- Course: Hoofgereg
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(5 / 5)
4 People rated this recipe
Related Recipes:
Hierdie ete is pret en die mense moet van alles in die regte volgorde skep:
genoeg vir 6 – 8 mense
Bestandele:
2 kop rou rys – *kook dan gaar
1.5 kg maalvleis, gaar geroer braai sonder sout of speserye
2 pakke Barbeque Frito’s – effens fyngedruk
400 g gerasperde cheddarkaas
2 pakke Fruit Chutney chips – effens fyngedruk
Slaai:
1/2 slaaikop (gekerf),
2 tamaties en 1/2 komkommer ~ blokkies gesny
Sous:
1/4 bottel mayonnaise
1/4 klein bottel Chilli & knoffelsous
Kop melk.
Metode:
Meng sous.
Elkeen skep vir homself in dié volgorde (pak die bakke so uit):
1. Rys
2. Maalvleis
3. Fritos
4. Kaas
5. Chutney Chips
6. Slaai
7. Sous









