Katjiebotter en Klapper Fudge
2020-04-14- Cuisine: Afrikaanse Resepte, Boerekos Resepte
- Skill Level: Maklik
Average Member Rating
(4.3 / 5)
7 People rated this recipe
Related Recipes:
Verslawende energie happies, belowe jou jy gaan nie by een blokkie bly nie, geniet
Bestandele:
500g wit of bruin suiker
1 x 270g sagte Grondboontjiebotter
200g botter
200ml melk
150g klapper, plus bietjie ekstra
1 pakkie Mariebeskuitjies, grof fyn gemaak
Metode:
Smelt botter in ‘n diep kasrol oor lae hitte
Voeg suiker by en hou aan roer tot suiker net gesmelt is
Voeg Grondboontjiebotter by, met helfde van die melk -100ml
Roer goed deur en bring tot kookpunt
Voeg res van die melk by, roer deur en verwyder van hitte
Voeg klapper en gekrummelde koekies by, meng goed deur
Laat mengsel effe afkoel
In ‘n langwerpige glasbak, giet mengsel in en maak eweredig
Strooi klapper oor en plaas in yskas om goed af te koel
Sny in klein blokke en geniet
Bêre in lugdigte houer in yskas









